Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - ‘n Gesamentlike droom om ‘n praktyk in Graaff-Reinet te open, waar diverse mediese dienste aangebied word, sal op 8 Januarie volgende jaar realiseer.
‘n Gevestigde fisioterapeut, Adri Mentz en haar dogter dr. Dyanti Mentz deel al lank ‘n droom om ‘n gesamentlike praktyk te open. Dr. Lindi Kruger, onbewus van hierdie droom het ook ‘n soortgelyke visie vir die gemeenskap beoog.
Met die verloop van tyd het hulle die visie-legkaart voltooi en is Karoo Health Care Center gebore. Hierdie dinamiese span het een doel voor oë - alomvattende mediese dienste onder een dak!
Dr. Dyanti Mentz - Mediese dokter
Sy het as mediese dokter aan die Universiteit van die Vrystaat in 2019 gekwalifiseer en voltooi haar internskap in Gqeberha. In 2020 besluit sy om haar gemeenskapsdiensjaar by Midland-hospitaal te dien omdat haar ouers in Graaff-Reinet woonagtig is. Dyanti het ook reeds die volgende kursusse voltooi om die diens by die nuwe sentrum uit te brei: Basic life support, Advanced Cardiac Life Support, Paediatric Advanced Life Support, Advanced Trauma Life Support, Management of a small sick neonate, Basic Ultrasound skills, Basic Toxin, and filler course (Medskills). Dr Mentz het ‘n passie vir Graaff-Reinet en sy mense, wat in haar gemeenskapjaar asook hierdie jaar net gegroei het. Sy het ‘n groot liefde vir vroue- en kindergesondheidsorg en beoog om dit te bevorder in Graaff-Reinet.
Dr. Lindi Kruger - Mediese dokter
Lindi het as mediese dokter aan die Universiteit van Pretoria in 2020 gekwalifiseer. In 2014 voltooi sy haar BA-graad in kliniese mediese praktisyn en voltooi sy haar internskap by Steve Biko Akademiese-hospitaal in Pretoria.
In 2023 sluit sy by Midland-hospitaal vir haar gemeenskapsjaar aan. Sy vertel dat die Karoo-dorpie, Graaff-Reinet en sy mense diep in haar hart ingekruip het en haar intensies as “besoeker” geleidelik omgeswaai het na planne om as permanente inwoner aan te bly. Lindi se deurlopende professionele ontwikkeling sluit in: Basic Life Support, Advanced Cardiac Life Support, Paediatric Advanced Life Support (PALS), International Trauma Life Support, Essential Steps in the Management of Obstetric Emergencies.
Adri Mentz - Fisioterapeut
Adri het in 1991 gegradueer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het suksesvolle praktyke bedryf in Kaapstad en Port Elizabeth voor sy Graaff-Reinet toe getrek het. Die afgelope ses jaar het sy ‘n algemene praktyk gevestig in Caledonstraat en haar passie is om n verskil te maak in die lewe van elke pasient wat sy sien. Adri sal vanaf 8 Januarie 2024, vanuit die nuwe perseel op die hoek van Somerset- en Plasketstraat, Graaff-Reinet, praktiseer saam met dr. Dyanti Mentz en dr. Lindi Kruger.
‘n Mediese suster sal boonop beskikbaar wees om die kliniek te behartig met wondversorging, basiese observasies, babakliniek en meer.
Kontak gerus die dinamiese span vir u afspraak vanaf 8 Januarie 2024 by 067 713 6641
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’