Advertorial
SAKENUUS - Die eiendomsagent en eienaar van Japie Krige Eiendomme, Twana Roets, het die vrugte van haar harde werk en toewyding gepluk.
Twana het op Maandag 13 Junie haar 10de jaar by die eiendomsagentskap gevier en is 'n bekende naam in dié mededingende bedryf.
Tien jaar gelede, op 13 Junie 2012 het Twana by Japie Krige Eiendomme ingestap. Japie Krige het dit besit en Twana het toe nog nie veel kennis van die bedryf gehad nie.
Twana sê: "Ek het niks geweet nie. Ek het Japie uitgehelp terwyl hulle uitstedig was en kon die telefoon antwoord."
Japie het egter Twana se potensiaal raakgesien en haar volgens sy hand in die bedryf grootgemaak. "Alles wat ek weet het ek by hom geleer."
Haar leergierigheid en passie vir die bedryf het haar egter na hoër hoogtes gevat en vier jaar gelede het Twana die besigheid by Japie Krige gekoop. Sy het besluit om die naam te hou omdat dit reeds 'n sterk handelsnaam was.
Twana en haar gedugte span van 10 werk nog volgens dieselfde konsep as wat Japie Krige haar geleer het.
Sy sê: "Natuurlik het daar nuwe tegnologie bygekom, maar ons werk op dieselfde beginsels en ewigheidswaardes as wat Japie Krige Eiendomme voor bekendstaan. Ons behoud is ons integriteit en ek sal nie skroom om foute aan kliënte by 'n eiendom uit te wys nie. Ons loop regtig die tweede myl."
Danabaai en Japie Krige Eiendomme is sinoniem en die kantoor is in die hartjie van Danabaai geleë.
Die eiendomsbedryf is 'n kompeterende bedryf en slegs in Danabaai is daar reeds 13 kantore van eiendomsagentskappe. Daar is ook baie agente van elders wat huise in die gebied verkoop.
Japie Krige Eiendomme se naam loop hulle ver vooruit en die agentskap kry navrae van oral oor verkope en verhurings.
Kliënte beskryf Japie Krige Eiendomme as die eiendomsagentskap wat hulle taal praat.
Kontak Japie Krige Eiendomme by 044 698 1699 of besoek hulle by Floraweg, 209 in Danabaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'