Advertorial
GRAAFF-REINET SAKENUUS - Vyf-en-twintig jaar gelede, in 1993, het Herholdt 'n winkel oopgemaak op die hoek van Caledon- en Kerkstraat in Graaff-Reinet wat bekend gestaan het as Herholdt Indecor.
Daar is hoofsaaklik handel gedryf in matte en gordyne tot en met die behoefte in Graaff-Reinet onstaan het vir 'n winkel wat elektriese toerusting kan verkoop wat kompeterend kan wees met die pryse van die groot kettingwinkels in die stad.
Oor die daaropvolgende paar jare is die perseel drie keer uitgebrei, maar, met die groei van die besigheid, het dit egter te klein gebly. Die Herholdt-groep het toe die besluit geneem om die ou 'Checkers'-gebou op die hoek van Rabie- en Calendonstraat te koop, waar die besigheid tot vandag toe nog geleë is.
Dit is nie aldag maklik vir 'n plattelandse winkel om kompeterend te bly met dié pryse wat in die stad aangebied word nie, maar nadat die Herholdt-groep die bekende Drommedaris in Jeffreysbaai bekom het, is die bordjies verhang.
Met die gesamentlike aankope van dié twee Karoo-winkels en Drommedaris kan dié groep nou die beste aankooppryse beding wat dan weer deurgegee word na die kliënt.
Intussen is daar ook 'n Drommedaris-tak op Plettenbergbaai oopgemaak.
Herholdt in Graaff-Reinet kan vandag byna enige soort elektriese toerusting bekom en vir die eerste keer is name soos Smeg, Elba, Swiss en vele meer beskikbaar plaaslik.
Aan die meubelkant word name soos Apine Lounge en Grafton Everest aangebied wat die twee top voorsieners van sitkamerstelle in Suid-Afrika is.
Beddens van die twee bekende handelsname Cloud Nine en Rest Assured is ook by dié winkel beskikbaar.
Twintig jaar gelede het Herholdt se mat-afdeling verander en by Top Carpets aangesluit - Top Carpets is 'n aankoopgroep wat oor meer as 150 winkels landswyd beskik wat almal in privaat besit is.
Weereens maak dit dat daar matte, blindings ensomeer teen beter pryse aan plaaslike kliënte verkoop kan word.
Top Carpets bedien 'n area rondom Graaff-Reinet wat dorpe soos Aberdeen, Willowmore, Jansenville, Somerset-Oos, Murraysburg, Victoria-Wes en selfs Carnarvon insluit.
Herholdt bied ook 'n matskoonmaakdiens aan.
Top Carpets bly altyd op die voorgrond met die nuutste produkte beskikbaar soos byvoorbeeld LVTs, oftewel 'Laminate Vinyl Tiles' wat nou baie gewild is. '
Herholdt Top Carpets en sy personeel bedank graag hul loyale kliënte wat die winkel al die jare ondersteun het.
"Ons strewe vir die volgende 25 jaar is om die beste produkte teen die beste pryse moontlik te kan lewer in Graaff-Reinet," sê Stephan de Klerk, bestuurder van Herholdt Graaff-Reinet.
Die eertydse perseel van Herholdts soos dit in die vroeë 90's vertoon het.
Die vriendelike personeelkorps van Herholdt Graaff-Reinet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'