Advertorial
SAKENUUS - Van toeka...
Op 1 Desember 1998 het die destydse jongeling, Ralie Blignaut by Charl de Villiers as vennoot van Gerber Botha en Gowar Inc. in Graaff-Reinet oorgeneem.
Nege personeellede het seker gemaak dat alles seepglad verloop, en is die meeste kasboeke nog met die hand opgeskryf.
'n Swartpen en sakrekenaar was hulle grootste bate.
State en fakture is destyds nog met die hand afgelewer en is die naam, van en adres met 'n tikmasjien op die koevert verewig.
Blignaut vertel dat daar ongeveer 820 kliënte op hulle boeke was, waarvan 'n paar nog die "ou tradisionele" omies was, "hulle het gesukkel om te aanvaar dat 'n vrou in so 'n hoë posisie kon wees", vertel sy.
Blignaut was die eerste vrouevennoot wat by die firma aangesluit het en was ook meeste van die kere die enigste vrou wat vergaderings en kursusse bygewoon het.
Blignaut vertel dat toe sy by die firma begin het was haar grootste uitdaging om haar plek te vestig in die dorp asook in die GBG-groep.
Tot nou...
Vyf en twintig jaar later en Blignaut is steeds 'n vennoot by Gerber Botha en Gowar Inc. in Graaff-Reinet.
Haar kliënte vertrou haar vir al hulle finansiële sake en die omies kyk op na haar vir haar advies.
Blignaut vertel dat haar verantwoordelikhede baie verander het - sy bestuur tans 32 personeellede en spog met 'n kliënte basis van 1 650 - sy en haar span maak seker dat kliënte ook voldoen aan verskeie wetgewing wat oor die jare verander het.
Die ou tikmasjien het plek gemaak vir nuwe tegnologie en ontwikkeling. Blignaut glo aan vooruitgang en GBG in Graaff-Reinet gebruik die nuutste sagteware program, Xero om hulle dienste te verbeter.
Verlede jaar Maart het sy ook 'n bestaande rekenmeestersfirma in Victoria-Wes in die Noord-Kaap oorge-neem en is dit ook nou deel van die GBG-groep.
Daar is wel 'n paar goedjies wat nie deur die jare verander het nie - drie personeellede en Blignaut se ferm persoonlikheid.
Sy erken dat sy nie hierdie leer van sukses kon klim sonder die ondersteuning van haar personeel, vennote, wonderlike man en twee seuns nie.
Blignaut groet die kwarteeu wat verby is en drink 'n heildronk op haar lojale kliënte en die volgende 25 jaar wat voorlê.
Christo Smith het in Oktober 2020 by GBG-Graaff-Reinet aangesluit en is sedert Mei 'n assosiaat van die firma saam met Ralie Blignaut.
Hierdie personeellede werk al vir 25 jaar saam met Ralie Blignault. Agter, van links is Christie van Zyl, Ralie Blignaut en Jackie Taylor-Freeme. Voor is Lenie Bouwers.
Die volledige GBG Graaff-Reinet Inc.-span.
GBG
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’