Advertorial
SAKENUUS - Dr. Riaan Pieterse, 'n chiropraktisyn, ag homself bevoorreg om sy praktyk vir die afgelope 10 jaar in Graaff-Reinet te kan bedryf.
Volgens hom is hy en sy vrou oorspronklik van Port-Elizabeth waar hy geweldig baie pasiënte van die Karoo gehad het, omdat dié tipe dienste nie daar beskikbaar was nie.
"Graaff-Reinet het al sedert ek 'n kind was 'n baie spesiale plek in my hart gehad. My vrou is ook van Graaff-Reinet. Die gewoel van die stad was nie meer iets waarvan ons gehou het nie, en het besluit om na die Karoo te verhuis. Ek is baie dankbaar vir God dat Hy ons gedra het die laaste 10 jaar, veral deur die moeilike Covid-tye."
Riaan sê hy is veral vir sy pasiënte dankbaar. "Ek moet elke pasiënt bedank, want sonder hulle ondersteuning sou die laaste 10 jaar nie moontlik wees nie."
Wat is 'n chiropraktisyn?
Die term chiropraktisyn beteken 'met die hand gedoen'. Dit is 'n natuurlike, hands-on, en medikasie-vrye benadering tot gesondheid. Chiropraktyk dateer terug na 1895 en het die derde mees gebruikte primêre gesondheidsorgprofessie in die wêreld geword ná medisyne en tandheelkunde.
Chiropraktyk werk op die veronderstelling dat goeie gesondheid gedeeltelik afhanklik is van 'n normaal funksionerende ruggraat en senuweestelsel.
Wie kan baat vind by chiropraktiese sorg?
- Babas en kinders
- Swanger vrouens
- Kantoor- en fabriekswerkers
- Die bejaardes
- Atlete
Toestande wat deur chiropraktiese sorg behandel word Chiropraktiese sorg kan toestande wat senuwee-, spier of gewrigsverwant is, suksesvol en veilig behandel. Enige toestand wat met enige gewrig in die liggaam verband hou kan behandel word.
Meeste chiropraktisyns fokus hoofsaaklik op die ruggraat en hoe dit funksioneer. Die biomeganika van die boonste en onderste ledemate is ook van groot belang.
Chiropraktisyns werk saam met ander gesondheidswerkers soos fisioterapeute en biokinetici om te verseker dat die pasiënt die beste moontlike sorg vir hul toestand kry.
Dr. Riaan se spreekkamers is by Noordstraat 41, Graaff-Reinet. Kontak 049 891 1245 om ‘n afspraak te maak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'