Advertorial
GRAAFF-REINET SAKE-NUUS - Kliënte wat by die 'nuwe' Botha's Garage op Markplein 11 instap, kan 'n aangename koopervaring te wagte wees. Meer as net petrol, onderdele of selfs fietse wag hier.
Ná die gebreek, gewoel en gewerskaf die afgelope paar maande het 'n spiksplinternuwe Botha's Garage as't ware uit die stof verrys om 'n veel omvattender diens aan Graaff-Reinet te bied.
Met altesame 27 werknemers op die perseel, kan kliënte flinke diens op die vingerpunte verwag.
Botha's Garage is wyd bekend vir sy omvattende reeks motoronderdele en -toebehore. Dit is nou verder uitgebrei en selfs groter. Trekkeronderdele en handgereedskap vorm deel van die groot voorraadstoor.
Fietse word steeds hier herstel en daar is genoeg onderdele daarvoor beskikbaar.
Botha's Garage bied ook 'n 24-insleepdiens.
Maar dis die OK Express wat groot aftrek gaan kry. Kliënte sal kan kies en keur uit 'n reeks eksklusiewe produkte op die rakke en die bestuurder, Hestie van der Mescht, alombekend vir haar varsgebak, sal elke Vrydag varsgebakte (artisan) brood op die rakke hê.
'n Nuutjie vir Graaff-Reinet is die barista-koffie wat te koop sal wees en deur drie opgeleide baristas voorberei sal word. En hulle weet beslis hoe om 'n koppie puik koffie te rooster.
Voor in Noddy sit die bekende Botha-egpaar, Graham en Phoebe Botha.
Die beste van alles is dat die OK Express vir 24 uur 'n dag oop sal wees.
En daar is nou volop parkering voor Botha's Garage. Dit alleen is genoeg rede om jou daar te laat inloer. Al is dit net om daai koffie te proe en 'n vars brood te koop.
Koffie kapitaal! Die drie opgeleide baristas wat by die nuwe OK Express by Botha's Garage geurige koffie aan kliënte sal voorsit. Die drie is van links: Xavier Adams, Luzaan Booysen en Gurshwell Jantjies. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'