GRAAFF-REINET — Van's Auto - bekende motorwerktuigkundiges in Graaff-Reinet - vier dié jaar hul tiende bestaansjaar.
Van's Auto het sy ontstaan gehad toe eienaar Doeksie van Rensburg - wat voorheen slegs van sy huis af gewerk het - besluit het dat die toedrag van sake vereis dat hy na 'n groter perseel skuif.
Dus het die besigheid - onder die bekwame leierskap van Van Rensburg - op 26 Augustus 2006 in Kollegeweg hul deure tot die Graaff-Reinet publiek geopen.
Van's Auto het toe slegs oor 'n personeel van vier beskik met Van Rensburg as die enigste gekwalifiseerde motorwerktuigkundige.
In die daaropvolgende jare het hulle op só 'n mate uitgebrei dat hulle tans oor drie petrol- en een dieselwerktuigkundige beskik wat deur Van Rensburg self opgelie is en gekwalifiseer het deur MerSETA.
Daar is tans ook twee vakleeringe besig met opleiding onder Van's Auto se vaandel.
Van hul klein begin in 2006 het die groot aanvraag na kwaliteitdiens gelei dat Van's Auto nog 'n groter perseel moes betrek - die keer in Woekestraat vanwaar die besigheid tans bedryf word.
Van die menige dienste wat hulle lewer is onder andere die diens en herstel van voertuie se lugversorging-stelsels.
Dié diens bied hul reeds vanaf 2007 aan toe Van Rensburg een van sy personeellede gestuur het vir 'n uitgebreide kursus in dié verband - hulle is tans kenners op die gebied.
Kursusse in die installering van alarmstelsels het hierop gevolg en is bekwame tegnikuste aangestel om twee-wiel en vier-wiel motorfietse te diens.
Oor die jare het Van Rensburg gesorg vir die aanskaffing van menige kwaliteit toerusting om te verseker dat slegs die beste gehalte diens aan kliënte gelewer kan word.
Trokke en busse kan ook by Van's Auto gediens en herstel word en indien dit nie op eie stoom by Van's Auto kan uitkom nie, sal die motowerktuigkundiges indien nodig ry na waar die busse of trokke hul bevind om die nodige reperasies aan te bring.
Van Rensburg is trots op al die dienste wat dié besigheid aan Graaff-Reinet lewer en nog meer so op die kwaliteit van dié diens.
Hy beskou die besigheid - wat tans 10 personeellede in diens het - as 'n 'One-stop-fix-it-all'-bedryf wat fokus op kliënte-diens en -tevredenheid. "Geen werk is te klein of te groot nie", meen Van Rensburg en nooi hy graag belangstellendes om hulle te nader vir 'n gratis kwotasie.
Hy maak ook graag van dié geleentheid gebruik om al sy getroue kliënte te bedank vir die afgelope 10 jaar se ondersteuning en hoop hy om hulle vir die jare wat nog kom steeds tot diens te wees.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'