Gallery
GRAAFF-REINET SAKE NUUS — Die pasopgeknapte Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies is Vrydagaand, 4 November, op luisterryke wyse aan die publiek van Graaff-Reinet herbekendgestel.
Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies, kortliks bekend as GRT Hardware, is 'n gevestigde en dinamiese bou-handelaar wat die gemeenskap van Graaff-Reinet en omloggende dorpe vir die afgelope 68 jaar reeds op dieselfde perseel bedien, hoewel onder 'n reeks ander name.
Die voorkoms van die winkel in Fabriekstraat is al tien-talle jare oud en was dit beslis tyd vir ‘n vernuwing, aldus Alfred Stannard, mede-eienaar.
Hy sê die opknapping was ook nodig sodat daar gekonsentreer kan word op dit wat die mark en hul klante nodig het.
“Ek dink dis belangrik om verandering aan te bring sodat daar op hoogte van nuwe neigings gebly kan word en die inkopie-ervaring vir jou klante aangenaam kan bly.”
Volgens Stannard is die nuwe drie-dimensionele vooraansig met die hulp van Berney Weyer Argitekte verander, terwyl Francois Els van Reinet Studio met die herontwerp van die naamborde gehelp het en die nuwe tuin-aanleg met die kundige hulp van Anton Bouwer, van die Obesa groothandel kwekery, uitgelê is.
Buiten dit, is die rakuitleg verander, koeltebome is op die perseel aangebring en is die parkering spasies van slegs 7 na 26 vermeerder. Die gebou is ook só verander dat die funksionering van die besigheid op verantwoordelike omgewingsbestuur gesentreer is.
Daar word ook 'n rits ander toevoegings tot die perseel in die nabye toekoms beplan en word die publiek gevra om gerus die bestuur te laat weet indien daar iets is wat hul tot die besigheid kan aanbring om só hul diens aan die gemeenskap te verbeter.
Die professionele span van GRT Hardware word gelei deur die Stannard-broers, Alfred en Jacques, wat in 2010 aan die stuur van sake gekom het na die aftrede van Dudley Stannard.
Die personeel van GRT Hardware het gesamentlike kennis-jare van meer as 200 jaar en verskaf hulle professionele bouers, algemene handelaars en die man in die straat met doelgerigte verkoops- en raadgewende ondersteuning.
GRT Hardware stel graag hul ondervinding en advies tot hul klient se beskikking en help met die uitwerk en estimasie van bouplanne en bied hul ook diagnostiese en adviserende besoeke aan bouterreine in.
GRT Hardware bied 'n een-stop geleentheid om alles vir die bou of regmaak van 'n huis onder een dak te vind - dit sluit SABS gestandardiseerde hout, vier verskillende dakbedekkings, Corobrik-steen, PPC sement sowel as 'n wye keuse van hout, aluminium en staalvensterrame in. Hul dienste sluit ook die verskaffing van klaar vervaardigde en ingenieurs ontwerpte dakkappe in.
Dan, as die dak eers op is, beskik hulle oor alles om van die leë dop 'n huis te maak.
Elektriese ware, Plascon verwe, deure, teëls, krane, glas, veelhoutborde, gordynreëlings, water- en septiesetenke, yster, elektriese gereedskap, loodgietersware en vele, vele meer.
'n Afleweringsdiens vergemaklik aankope met spoedige aflewerings plaaslik en in omliggende dorpe so ver as Bedford, Willowmore, Phillipstown, Springfontein en Carnarvon.
Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies se eerste prioriteit bly om hul kliënte - wat hulle as vriende beskou - gelukkig en tevrede te sien.
Die publiek van Graaff-Reinet en omliggende dorpe word dus genooi om die opgeknapte Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies te besoek.
As Graaff-Reinet Hardeware plaas ons ons focus op ons kinders! ”Die kinders is ons toekoms..” is ‘n spreekwoord wat in talle opsigte al holrug gery is, maar beteken vir ons meer as dit. Kinders verteenwoordig in alle opsigte: Groei, en nog meer - Hoop!
Daarom ons uitgebreide betrokkenheid by die meeste van ons plaaslike skole en Vuyani, beide op ‘’n finansiële as op praktiese maniere.
ONS IS TROTS GRAAFF-REINET!!!
Graaff-Reinet Hardware is juis wat dit sê: Deel van Graaff-Reinet, en deel van hierdie wonderlike Karoo van ons. HIer lê ons wortels, en hier sal ons bly! In ons voor-aansig wou ons simbolies so ‘n bietjie hiervan wys. Die sterk skuins kante van ons voor aansig, wys heen na die hellings van Spandaus kop, terwyl die geboëe afdak heenwys na
Spandau’s kop se twee koepels.
ONS IS HIER OM TE BLY!
Why are we part of the Essential Hardware?
The Essential Hardware Group consists of over 260 INDEPENDENT Building, DIY and Industrial Retail Stores. Membership to the group takes nothing away from our independence, but magnifies our impact. Essential Hardware encourage entrepreneurship and contribute by ADDING REAL VALUE to our business. This gives us the opportunity to bring YOU, our valued customers the best possible price and service.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'