GRAAFF-REINET SAKE NUUS — Graaff-Reinet het 'n definitiewe verandering in die plaaslike koffie-kultuur oor die afgelope paar jaar gesien.
Met koffie-liefhebbers wat 'n smaak vir gehalte, spesialiteits koffie ontwikkel het, maak Graaff-Reinetters deesdae meer oordeelkundige besluite wanneer daar oor hul keuse van koffie besluit word.
Met die koms van die Seattle Coffee Company se koffiekroeg by Caltex Freshstop in Graaff-Reinet - gepaardgaande met die maatskappy se passie vir die verskaffing van 'n gehalte koffie aan hul kliënte - hoef Graaff-Reinet se inwoners nou nie meer uit hul pad te gaan om hul daaglikse kafeïen-aanvulling te kry nie.
Die Seattle Coffee Company se verskeidenheid koffies bied iets vir ieder en elk - van 'n 'Baby Foam'-item, bestaande uit 'n halwe koppie melk-skuim met 'n skeut van sjokolade vir kleuters, sowel as die gewone Expresso-gebaseerde drankies soos jou botterkaramel lattes, koue koffies of koue alternatiewe, soos 'n Berry Freeze - daar is beslis iets vir oud en jonk.
Die Seattle Coffee Company se koffiekroeg binne Caltex Freshstop is 24 uur 'n dag oop met vier hoogs-opgeleide baristas wat ??die vroeë-oggend pendelaars sal bystaan om hul dag op die perfekte wyse af te skop of om diegene wat van 'n laatnag se kuier huiswaarts keer hul dag op die regte manier sal help afsluit.
By Freshstop word lojaliteit ook beloon, dus, met elke koffie wat aangekoop word, word kliënte 'n punt toegestaan. Met elke 10 punte verdien, kwalifiseer die kliënt vir 'n gratis Seattle Coffee Company-drankie wat landwyd aflosbaar is.
"Benewens die kwaliteit van die spesialiteits-koffie, is die persoonlike handeling tussen die baristas en die kliënte vir ons baie belangrik", meen Pierre le Grange, die eienaar van Caltex Freshstop.
Hy voer aan, "Daar is 'n groot verskil in die manier waarop die kliënt hul koffie-ervaring ondervind wanneer hulle met 'n opgeleide barista werk teenoor die selfdiens-koffiemasjiene wat deesde volop by vulstasies is. Ons wil aan ons kliënte se koffie-behoeftes so volledig moontlik kan voorsien en is dit die rede waarom ons werk gemaak het van die beskikbaarstelling van 'n ten volle toegeruste koffiekroeg. Ons baristas het vir weke lank opleiding ontvang om die diens te kan lewer en hoop ons dat gereelde kliënte binnekort die winkel kan betree met hul gunsteling drankie wat reeds op hul wag."
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'