KAROO NUUS - Die 2021-wolseisoen het goed afgeskop. Goeie gehalte fynwol en ‘n groter aanbieding het gelei tot sterk kompetisie op die wolveiling Woensdag 3 Maart in Port Elizabeth.
Die Kerneels Greyling Trust van Wakkerstroom in Mpumalanga, het OVK se topprys behaal met R230/kg.
Hierdie is die tweede hoogste prys vir die 2021-wolseisoen. Verder het die trust ook 'n gemiddeld van R152.56/kg vir hulle 17.0 mikron skeersel gekry.
Ivor Isted van Barkly-Oos en BP Greyling van Wakkerstroom kan ook trots wees op die hoë pryse wat hulle wol behaal het. Beide Isted en Greyling het R212/kg gekry.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'