Gallery Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Nabetragting oor die GWK-slagveiling is aan die gang by Pioneers Restaurant in Graaff-Reinet.
Die veiling het vandag, 6 Junie, by die Graaff-Reinet- skougronde plaasgevind.
Volgens voorlopige inligting is ongeveer 800 skaap en 200 bees teen 'n bedrag van R2,2 miljoen opgeveil.
Die heersende droogte het volgens kenners 'n invloed op die prys gehad.
Kopers van sover as Kaapstad en Noord-Kaap het die veiling bygewoon en is tans by die terugvoering vergadering.
Dit word egter as 'n groot sukses beskryf.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'