Gallery
GRAAFF-REINET NUUS – Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer. Skenk aan ons ‘n helder somerkersfees, in hierdie land, o Heer.
Met ‘n paar honderd mense wat dié jaar die NG Grootkerk se Kerssangdiens bygewoon het in Graaff-Reinet, blyk dit dat dié samekoms beslis ‘n gunsteling onder gemeentelede is en sal dié aand vir lank nog onthou word as ‘n uitmuntende byeenkoms.
Die diens is waargeneem deur Ds Ben van Tonder terwyl die kerk se lofsanggroep die gehoor begelei het op tradisionele Kersliedere.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'