GRAAFF-REINET NUUS – Die Karoo-lus Fees skop vanmiddag, Vrydag, 29 September, af in Graaff-Reinet.
Dié klein Karoo dorpie is reeds die hele week in rep en roer met die feesterrein wat reeds sedert Maandag begin gestalte kry het.
Vandag se feesprogram is vol geprop met pret en goeie musiek met van die beste sangers in die land, waar onder Refentse, Robbie Wessels, Richard Stirton, Mwah en ADAM, wat die verhoog sal betree
Buiten die musiekfees sal daar talle stalletjies wees om deur te loop met ‘n biertuin wat van vroeg tot laat beskikbaar sal wees.
Daar sal ook soos oudergewoonte baie kindervermaak wees en talle aktiwiteite wat feesgangers kan aanskou.
Die program vir Vrydag sien soos volg daaruit:
Die Wilde Woeste Wedloop skop verrigtinge af om 14:00 by die fees se ‘Events Arena’, waarna feesgangers deur die talle stalletjies en aantreklikhede kan wandel.
Om 17:00 begin die vermaak op die verhoog met Elzabeth wat agter die mikrofoon intree.
Hierna is Mwah om 18:00 te sien, Refentse om 19:00, ADAM om 20:00, Robbie Wessels volg om 21:00 en Richard Stirton om 22:00.
DJ Etienne sal dan musiek maak in die biertent tot laataand.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'