GRAAFF-REINET VERMAAKNUUS - Die agtste episode van Karoo-kombuis speel hom af in die huis van Lloyd Bosch met Kaapse Maleisiese kos wat vir die ses uitgelese gaste voorberei gaan word.
Almare Fourie, eienaar van die Pioneers-restaurant op Graaff-Reinet, is oudergewoonte die gasaanbieder van Karoo-kombuis.
Die program is daarop gemik om kykers blootstelling te gee aan die wonders wat die Karoo bied. Onopgesmukte tradisionele Karoo-disse word deur plaaslike gaskokke - en 'n paar uitmuntende sjefs - voorberei en die episodes word by verskillende restaurante, gastehuise en selfs op 'n plaas in Graaff-Reinet opgeneem.
Elkeen het sy eie tema en spog met 'n spesiaal gedekte tafel vir ses genooide gaste.
Maar kom kyk gerus op Via vandag om 17:00 op kanaal 147 op DSTV daarna om te sien wie is die plaaslike genooide gaste wat gaan aansit vir 'n heerlike Karoo-kuier.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'