GRAAFF-REINET NUUS - 'n Verwelkomingsgeleentheid vir die opening van die eerste kunstenaars-residensie in Graaff-Reinet is Vrydagaand, 2 Junie, by die Jan Rupert-kunssentrum (JRK) vir twee opkomende kunstenaars, Georgia Munnik en Larissa Johnson, gehou.
Munnik en Johnson vorm deel van die Terroir-projek en sal hulle as kunstenaarsduo van 1 Junie tot 31 Julie saamwerk.
Munnik is 'n Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar en skrywer gebaseer in Kaapstad. Sy sal alteljeepraktyk nommer een lei en fokus op die potensiaal vir storievertelling deur geur.
Johnson is 'n doktorale kandidaat in Africana studies en musiek (Universiteit van Pennsylvania, Verenigde State). Sy sal alteljeepraktyk nommer twee lei en fokus op klank, eggo en uitsending.
Wat die Terroir-projek behels
Die Terroir-projek raak die relasionele, intellektuele en operasionele ontmoetingsplek tussen doktorale projekte, artistieke uitdrukkings en familiale en sosiale erfenisse aan.
Die ateljeepraktyke sal deur veldwerke kruis, waar geur en klank gelyktydig versamel word. Die twee kunstenaars beplan om 'n pasgemaakte parfuum vir die streek te produseer, wat met 'n multikanaalklankopstel en 'n mede-geskrewe stuk gekomplimenteer sal word.
Foto’s: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’