NIEU-BETHESDA NUUS - Een van die land se gunstelling-rock-groepe, Akkedis, is vanaand, Woensdagaand, 30 Augustus, in Nieu-Bethesda te sien!
Hul vertoning vind by Die Ramstal plaas, en is veral merkwaardig, omdat dit die eerste keer is wat hulle die geskiedkundige dorpie gaan besoek.
Akkedis spog met lewenslange ondersteuners wat voel dat, soos ‘n preek by ‘n kerkdiens, die woorde van Akkedis ook as profeties bestempel kan word.
Hulle klank sal relevant en universeel wees vir so lank as wat rock ‘n roll nog lewendig is.
Die trio bewys by elke vertoning waarom hulle een van Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse rock-groepe is en met hul klassieke klank, wat nog nooit teleurgestel het nie.
Skakel Die Ramstal by 049 841 1642 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Nieu-Bethesda, Karoo nuus'