SUID-KAAP NUUS - Steve Hofmeyr keer op Donderdag 29 September en Vrydag 30 September terug na een van sy gunsteling venues, die Bush Lapa Herold's Bay Resort op Heroldsbaai en sal liedjies sing van sy album If you could read my mind - the Country Collection, wat hy verlede jaar vrygestel het.
Die eienaar, KD Fourie, voel sterk dat die Bush Lapa George weer op die "map geplaas het" aangesien bekende kunstenaars van formaat deesdae graag hier kom optree.
Kaartjies vanaf R100. Vir meer inligting skakel 044 851 0113.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'