SUID-KAAP - Die lede van die Suid-Kaap fynproewersgilde en hulle gaste gaan op Donderdag, 8 Junie meer oor die voorbereiding van wildsvleis te hore kom. Die geleentheid vind om 08:30 vir 09:00 by die Mosselbaai-Suid NG se kerksaal plaas.
Sjef Emile Nel van die Wilderness Hotel het 'n passie vir jag en kosmaak. Hy jag al vandat hy sewe jaar oud is en is sedert 2007 'n professionele jagter. Dié kranige sjef gaan juis die naweek voor die demonstrasie jag.
Tydens die demonstrasie gaan hy bygestaan word deur Sabrina Mollers, 'n soussjef wat tans indiensopleiding by hom ontvang.
Geregte wat gedemonstreer gaan word is die maak van wildswors en vlakvark-cabanossi, mole-sous en wildsosaties, Skotse pastei met wild en swartbessie-bavarois.
'n Wynpasproe word aangebied deur Meridian-wynverskaffers en Margot Swiss gaan 'n uitstalling hê van die produkte wat in die demonstrasie gebruik sal word.
Moenie hierdie leersame demontrasie misloop nie. Gaste is hartlik welkom. Kontak Elaine Louw (083 263 5417) om plek te bespreek. Kaartjies kos R150.
"Ons nooi alle belangstellendes om by die gilde aan te sluit. Niemand hier is kenners nie. Ons leer almal gesellig saam."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Graaff-Reinet, Hessequa nuus'