Daar is vanjaar weer pure opwinding by die Bush Lapa in die Herold's Bay Resort naby George wanneer 'n hele rits van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars optree. Dit is reeds die agtste agtereenvolgende jaar wat dié musiekfees gehou word.
Oor die jare het die musiekfees en opelugkonsert, die enigste van sy soort in George, 'n reuse-trekpleister vir vakansiegangers sowel as vir alle liefhebbers van goeie musiek geword.
Vanjaar is die George Herald die hoof mediaborg en Pieter Pepler van die George-burgemeester se kantoor het die kulturele sowel as die ekonomiese waarde van die fees onderstreep met die inkomste wat gegenereer word deur die musiekfees.
Hy het Bush Lapa se eienaar, KD Fourie, daarvoor geloof dat hy die dorp se inkomste skatkis 'n gesonde inspuiting gee met duisende besoekers jaarliks.
"Dis weer Bush Lapa-tyd. Vanaf 13 Desember tot 2 Januarie 2016 maak Herold's Bay Resort reg vir die Bush Lapa Musiekfees en opelugkonsert met meer as 60 kunstenaars, duisende feesgangers oor 14 aande, asemrowende natuurskoon en smullekker etes," vertel KD verheug.
Vir meer inlligting besoek die webwerf www.http://heroldsbayresort.co.za/musiekfees of skakel 044 851 0113.
Kaartjies kan by Web Tickets bespreek word.
