GRAAFF-REINET NUUS — Die kleinspan van die WE Pienaar Pre-primêre Skool gaan op die televisie te sien wees!
Dié skool is een van slegs 24 kleuterskole in die land wat dié jaar deel is van KykNET se Kleuterzone-televisieprogram.
Die Kleuterzone-opname is reeds in Augustus afgehandel met die kameras wat vroegoggend by die skool op Maandag, 1 Augustus, begin rol het met onderhoude by die skool met die leerkragte en kleuters waarna die skool se jaarlikse konsert die aand in die Laer Volkskool-saal afgeneem is.
Kleuterzone is ’n Christelik-gegronde reeks wat fokus op kleuters in Suid-Afrika met Karen Ferreira, die Idols-finalis en kunstenaar, as aanbieder.
Die TV-uitsending oor Weppie Preppie sal dié komende week uitgesaai word op DSTV se kanaal 146 op Dinsdag, 20 September om 9vm en op Woensdag, 21 September om 3nm met nog ‘n uitsending op DSTV se kanaal 145 op Sondag, 25 September om 11vm.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'