SUID-KAAP NUUS - Michael Lindt, bekende Afrikaanse sanger van George, tree op Saterdag, 27 Mei om 18:00 in die kerksaal van NG-gemeente Mosselbaai-Suidop.
Michael is nie net 'n sanger nie, maar het ook reeds 'n aantal liedjies vir verskeie ander kunstenaars liedjies geskryf onder andere Kurt Darren (Heidi), Nicholis Louw (Ek is daar vir jou), Romanz en Julius Magan. In sy vrye tyd help hy graag met sang en musiek vir minderbevoorregte skole. Deur sy besige skedule, is hy ook die musiekdirekteur van Kerk 24/7.
Op sy eerste CD, Sal vir altyd bly, het hy 11 van die 13 liedjies geskryf. Sy eerste single, Is jy nie meer lief vir my, was onderskeidelik nommer een en twee op RSG en Jakaranda FM se trefferlyste. Sy tweede album Lewe vir vandag is tans vrygestel en is vervaardig deur Werner Beukes en Darryl de Lange, waarvan verskeie liedjies alreeds op trefferparades verskyn. Sy liedjie, Elke wolk het 'n silwer rand was nommer een op die gewilde Groot FM Top 20.
Michael is baie betrokke by liefdadigheidsorganisasies na aan sy hart soos Up with downs, Livingball en Pink Trees for Pauline. Hy het ook saam met die Parkdene Laerskool 'n album vrygestel wat in Nederland versprei word.
Michael sing die temalied van Pink trees for Pauline, What the World needs. Dit is ook beskikbaar op sy jongste album Lewe vir vandag, wat tydens sy optrede van 27 Mei bekendgestel word.
Kaartjies vir die konsert is beskikbaar teen R100 by ds Danie (084 701 4386) of die kerkkantoor (044 690 3552) tydens kantoorure, 07:30 tot 12:30 Dinsdae tot Vrydae). Bespreekte plekke is R120 en moet by die kerkkantoor gedoen word.
Tydens die pouse sal heerlike ligte aandetes en verversings verkoop word, onder andere boepensbroodjies, sop en broodjies, kerrie-en-rys, pasteitjies, sjokolade, chips, koeldrank, koffie en tee.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'