GRAAFF-REINET NUUS — Graaff-Reinet se NG Nuwekerk-gemeente bied dié komende Vrydag, 18 November, 'n Kersmark by die kerkterrein in Caledonstraat vanaf 10vm die oggend aan.
Dit beloof om ’n onvergeetlike mark te wees en gaan daar unieke Kersgeskenke, ’n teetuin, 'n wit olifanttafel en 'n plaastafel met gunstelinge soos kerrie-en-rys, vars vleis en allerlei plaaslekkernye wees.
Daar sal ook om 12nm die dag 'n gelukkige trekking gehou word waar 'n halwe bees, 'n bees agterkwart en bees voorkwart gewen kan word.
Diegene wat meer inligting verlang kan die kerkkantoor skakel by 049 892 2422.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'