GRAAFF-REINET NUUS — Geniet 'n buitelug vertoning deur Joshua na die Reën dié Desember in Graaff-Reinet.
Joshua na die Reën (Jacques de Villiers) is ’n Afrikaanse liedjeskrywer en musikant van Pretoria, Gauteng, wat uiteenlopende temas in sy musiek behandel - van vrolike tot introspektiewe.
Die inhoud van sy liedjies is gebaseer op persoonlike ervarings en is ten alle tye eerlik, onpretensieus en outentiek en oorrompel hy omtrent die wêreld met sy liedjies.
Joshua na die Reën tree op 7 Desember om 7nm by die Pioneers restaurant in Graaff-Reinet op.
Die vertoning word ten bate van die atlete van Kroonvale Primêr gehou om sodoende hulle in staat te kan stel om op provinsiale en nasionale vlak te kan deelneem.
Kaartjies is verkrygbaar teen R130 per persoon deur 074 412 8771 te skakel. Kaartjies is beperk so belangstellendes word aangeraai om so vinnig moontlik te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'