GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool se ATKV-jeugtak, Die Volksmond, bied dié jaar hul immergewilde verskeidenheidskonsert op Woensdag, 17 Augustus en Donderdag, 18 Augustus, om 6.30nm in die Hoër Volkskool-skoolsaal aan.
Die kaartjies is beskikbaar by die lede, asook by die skoolkantoor (049 891 0514) en beloop R40 per persoon.
Sop en brood is ook beskikbaar teen R10 per persoon.
Alle Graaff-Reinetters word genooi om die aand te kom geniet!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'