GRAAFF-REINET NUUS — Talle musiekliefhebbers het onlangs in die hartjie van Graaff-Reinet bymekaar gekom vir ’n onvergeetlike aand van musiek terapie.
Plaaslike talent Nick Steyn en Wendy Brussow het verlede Donderdagaand ‘n geleentheid aangebied vir inwoners van die dorp by die Profcon-oord waar hulle die gehoor in die palm van hul hande gehou het deur liedjies uit die verlede af te wissel met meer onlangse musiek treffers.
Steyn en Brussow se vaardigheid as musikante en as sangers het waardering van die gehoor uitgelok en is een ding verseker - as dié twee kitaarspelers saam op 'n verhoog klim, is die gehoor verseker van musiek uit die boonste rakke.
Die duo se ritmiese intuïsie het gesorg dat die dansvloer die hele aand vol was en het almal gesellig tot laataand saam verkeer.
Na afloop van die byeenkoms was almal dit eens, 'n vertoning met Nick Steyn en Wendy Brussow op die verhoog, is een wat nie misgeloop moet word nie!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'