GRAAFF-REINET NUUS — Die Edenhof Dienssentrum in Graaff-Reinet hou op Vrydagaand, 3 Februarie, hul gewilde jaarlikse pik-en-proe-aand.
Kaartjies kan by daagliks die Edenhof-kantoor in die oggendure bekom word - 'n kaartjie van R70 wat bestaan uit twee R15-kaartjies vir vleis of wyn en drie R10 kaartjies vir groente, stysel, nagereg of koeldrank.
Kaartjiehouers kan dan self uit 'n heerlike verskeidenheid warm en koue geregte besluit op watter keurdisse hul die kaartjies gaan spandeer.
Daar sal ook op die aand kaartjies beskikbaar wees en diegene wat dit bywoon is welkom om nog kaartjies op die aand aan te skaf sou hul besluit om 'n paar wegneemetes ook te vat.
In die saal self is daar 'n beperkte aantal sitplekke so belangstellendes word aangeraai om hul kaartjies so gou moontlik vas te maak.
Kontak vir Martie Bekker, bestuurder van die Edenhof Dienssentrum, by 049 892 3440.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'