GRAAFF-REINET NUUS — Die VGK-gemeente van Graaff-Reinet het Sondag, 4 Desember, hul Kerssangdiens gehou en gemeentelede en talle besoekers het die samesang geniet.
Sowat 200 inwoners uit die kerk se 27 wyke het die diens bygewoon.
Tydens die diens het al die gemeentelede, die kerkkoor, die junior-koor en die kerkraad heerlik saamgesing.
Die kerk se wyke is in groepe van drie gedeel en elk het ? voorlesing uit die Bybel gelewer, gevolg deur ? gepaste kerslied.
Almal het volborstig saamgesing.
Die diens was afgesluit met die ligte wat afgeskakel is, die aansteek van die kerse en die sing van 'Stille nag'.
Almal teenwoordiges was dit eens dat dié diens geesvervullend was.
Die leraar, Ds Petrus Gysman, en die kerkraad wil elke lidmaat en lidmate van ander gemeentes, alle deelnemers en die orrelis, Patrick Hector hartlik bedank vir die bydrae wat hulle gelewer het tot die sukses van dié diens.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'