GRAAFF-REINET NUUS -
Gert Lötter en seuns, van Tarkastad was weer die algehele wenners by die slaglamkompetisie op 18 Oktober by Cradock-landbouskou.
Lötter het beide 1ste en 2de plekke behaal by die enkelkarkasinskrywings met twee karkasse wat 95.77 en 93.17 punte behaal het.
By die slaglamgroepinskrywings behaal Lötter ook 'n eerste plek met 90,95 punte en 'n vierde plek met 79,33 punte.
Wessel Jansen en Wessel Jansen het as beoordelaars opgetree.
Die beste groep van vier uit Gert Lötter en seuns se krale.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’