GRAAFF-REINET NUUS - Cradock Voorbereidingskool het 'n beloningstelsel om leerders te motiveer.
Elke maand word 'n Kwagga van die maand in elke klas aangewys wat uitblink in hulle skoolwerk, goeie vordering getoon het of wat hard gewerk het.
Elke maand word 'n nuwe maatjie gekies. Dit motiveer hulle om hard te werk, goeie dissipline te handhaaf en altyd hulle beste te gee.
Oktobermaand se wenners is op 1 November aangekondig.
Gr 3 se wenners is Ruben Britz, Aiden Slabbert, EJ Balie en Uzuchume Plaatjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’