GRAAFF-REINET NUUS- Die gr 2's van Cradock Voorbereidingskool het Maandag 4 November 'n opwindende uitstappie na die Addo Nasionale Olifantpark beleef.
Daar het hulle baie meer as olifante te siene gekry.
"Ons was ook by die slange, wat baie grillerig was, en ons kon hulle vashou. Ons het ook meerkatte, hasies en die fossiele en baie verskillende voëls gesien. Party is so mak dat hul op mens se hand kom sit," vertel Anita van der Mescht.
Die gr. 2's by Hapoor, met hulle woordvoerder, Anita van der Mescht, agter heel regs. Foto's: Cradock Voorbereidingskool.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’