GRAAFF-REINET NUUS - Sewe Hoër Volkskool-swemmers het aan die onlangse Vlak 1-swemgala en die uitnodigingsgala, die Top 8-gala, in Port-Elizabeth deelgeneem.
Almal het baie goed gevaar en goeie tye geswem.
By die Vlak 1-gala het Emile Blignaut, Nico Coetzee, PJ de Goede, Dane Thiart en Owen Thiart deelgeneem.
Emile Blignaut het 'n algehele derde plek vir 50m Borslag behaal. PJ de Goede het algehele tweede plekke behaal in die 50m borsslag, 100m vryslag en die 100m borsslag items.
Dane Thiart was die hen onder die hane en behaal derde plekke in haar 50m vlinderslag, 50m vryslag, 100m vryslag en 100m borsslag items.
Owen Thiart het baie goed gevaar op die dag en tweede plekke behaal in die 50m vlinderslag en 50m kruipslag, asook eerste plekke in die 50m borsslag en 50m rugslag.
By die Top-8 gala het Marni van der Merwe, Emile Blignaut, PJ de Goede, Dané Thiart en Marlien Crewe-Brown die skool verteenwoordig.
Marlien Crewe-Brown tydens die Top 8-gala.
Almal het weereens hul goed van hul taak gekwyt.
Slegs Dané en Marlien kon egter podiumplekke behaal.
Dané ontvang 'n brons medalje vir haar 50m vlinderslag item, terwyl Marlien Crewe-Brown brons medaljes ontvang vir 50m vryslag en 100m rugslag, silwer vir 50m vlinderslag en 100 vryslag, en goud vir 50m rugslag en 50m borsslag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'