GRAAFF-REINET NUUS - Die jaarlikse Matchpoint-tennistoernooi is op 12 en 13 Januarie by Hoër Volkskool aangebied.
90 spelers en baanbeamptes van Graaff-Reinet, Cradock, Middleburg, Colesberg en Gqeberha het deelgeneem.
Alle wedstryde het sy eie baanbeampte gehad, wat tellings en rekord van die wedstryde gehou het. Die toernooi was ook goeie blootstelling vir afrigters, Inalise du Pisani en Minnette Potgieter.
Wenners en naaswenners:
o.8- dogtersenkelspel
- Ilè du Piesanie
- Zoey Burton
o.8-dogtersdubbels
- Anna van der Walt en Zoey Burton
- Cara Murray en Mia Lategan
o.8-seunsenkelspel
- Ulrich Steynberg
- Hardus Lotter
o.8-seunsdubbels
- Ulrich Steynberg en Burger Smith
- Hardus Lotter en Franco Wolfaardt
o.10-dogtersenkels
- Neranze Nel
- Nele Wolfaardt
o.10-dogtersdubbels
- Mieke Adam en Neranze Nel
- Nele Wolfaardt en Elmarie van der Merwe
o.10-seunsenkels
- Kobus Scheepers
- Ian Maree
o.10-seunsdubbels
- Hermius Botha en Ian Maree
- Kobus Scheepers en Waldt Pienaar
o.12-dogtersenkels
- Miley Burger
- McKenzie Tam
o.12-dogtersdubbels
- Miley Burger en McKenzie Tam
- Mila Uys en Karla Potgieter
o.12-seunsenkels
- André Wolfaardt
- Izak Naudé
o.12-seunsdubbels
- Izak Naude en André Wolfaardt
- Christo Nel en Rubert Marinkovich
o.14-dogtersenkels
- Cindy Duvenhage
- Truby Willard
o.16 ope dogters
- Ineke van der Merwe
- Cataleigh Koeberg
Die jongste spelers by die toernooi was 6 en7 jaar oud.
Die wenner en naaswenner van elke ouderdomsgroep, in enkels sowel as dubbels, het ‘n kontantprys gewen. Daar was ook ‘n gelukstrekking vir die spelers, met ‘n Wilson-raket op die spel, wat deur Rubert Marinkovich gewen is.
Ilè du Piesanie, meisieswenner o.8
Ope dogters: 1. Ineke vd Merwe; 2. Cataleigh Koeberg
Van links is Truby Willard (2de dogters o.16); Cindy Duvenhage (dogters o.16 wenner); Christiaan Kotze (wenner seuns o.16); en Pieter Nel (2de seuns o.16)
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'