Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool se eerste- en tweede tennisspanne het die afgelope naweek aan die Marco Wasserman Tennistoenooi te Middelberg deelgneem.
Die spelers het die wegbreek baie geniet, maar ongelukkig was die geluk teen hulle.
Hul behaal 'n algehele vierde plek in die B-afdeling, en 'n algehele vyfde plek in die A-afdeling.
Van ons spelers het egter met individuele pryse weggeloop. Lara du Plessis is aangewys as die talentvolste meisie in die B-afdeling, en Alwyn van der Merwe die talentvolste seun in die A-afdeling. Mia du Plessis is aangewys as die speler met die mooiste maniere op die baan, en Labre Oostuizen is aangewys as die speler wat nooit tou opgooi nie.
Vrydagaand was daar 'n sokkie waar die deelnemers mekaar op die dansvloer beter kon leer ken. Ook hier het Hoër Volkskool ook nie teruggestaan nie en het Linda Lötter die prys gewen vir die meisie by die sokkie wat die lekkerste dans.
Die spelers wat Hoër Volkskool by dié toernooi verteenwoordig het, is Linda Lötter, Stephan Lategan, Renier Kemp, Lunen Laubscher, Luan Nel, Owen Thiart, Lara du Plessis, Johannes Conradie, Danita van der Merwe, Dehana van der Merwe, Liezel Nel, Mia du Plessis, Theodor Dorfling, Inge van Rooyen, Labre Oosthuizen en Alwyn van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'