GRAAFF-REINET TENNISNUUS - Of dit nou die afrigter of die speler is, tennis by Laer Volkskool is 'n familie affêre.
Toe die Wolfaard-kinders, Tinkie (vandag 'n Naudé), Kosie en Hendrik, jare terug op die skool was het hulle by Trudie Muller (bekend as Miss Muller) afrigting gekry.
Vandag speel hul kinders, Francois Naudé, Petrus Wolfaardt en Louwen Wolfaard, óók tennis, en word deur Muller se dogter Linda van Wyk afgerig.
Agter: Linda van Wyk, Tinkie Naudé, Kosie Wolfaardt, Hendrik Wolfaardt en Trudie Muller. Voor: Francois Naudé, Petrus Wolfaardt en Louwen Wolfaardt
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'