GRAAFF-REINET NUUS - Francois Naudé (links) en Petrus Wolfaardt het, as lede van die Oos-Kaapse o.13 Aloes-span, in Bloemfontein aan 'n interprovinsiale toernooi teen ses ander provinsies deelgeneem.
Die Aloe-span het twee wedstryde gewen, een was gelykop en drie wedstryde is ná taai kragmetings verloor.
Francois was die span se nommereenspeler en Petrus die nommer twee.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'