GRAAFF-REINET NUUS - Saterdag, 7 April, gaan ‘n tennistoernooi (GRT T4givers) in Graaff-Reinet aangebied word ter wille van liefdadigheid.
Die begunstigdes wat deur dié toernooi gaan baat is reeds geïdentifiseer.
Die toernooi is oop vir spelers van enige vaardigheidsvlak van enige ouderdomme wat reeds uit die skool is.
Die 1-dag tennistoernooi sal bestaan uit enkel- sowel as dubbelwedstryde – spelers kan in slegs een of beide afdelings deelneem.
Deelmemers aan die dubbels moet as ‘n span van twee inskryf – ‘n span kan bestaan uit twee mense van dieselfde geslag of twee mense van teenoorgestelde geslagte
Inskrywingskostes beloop R100 per speler.
Spelers moet op die dag om 07:30 by Hoër Volkskool se tennisbane aantree.
Graaff-Reinetters word genooi om die dag te kom ondersteun.
Enige donasies ten bate van die sag se sukses is ook welkom.
Inskrywings sluit op 3 April. Skakel JC Conradie by 072 058 6616 of jcconradie.Ruga9@gmail.com om in te skryf of om meer hieromtrent uit te vind.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'