GRAAFF-REINET NEWS - Ruan van der Merwe het gedurende die afgelope vakansie by die Interpro Tennistoernooi in George puik tennis gespeel.
Ruan is verbonde aan Laer Volkskool in Graaff-Reinet.
Tydens dié toernooi het spelers van drie provinsies teen mekaar meegeding.
Die Noord-Kaap het eerste geëindig, die OP, vir wie Ruan verteenwoordig het, tweede en die SWD derde.
Ruan is die enigste OP-tennisspeler wat al sy enkelwedstryde gewen het. Hy was ook onoorwonne in die gemengde dubbels.
Laer Volkskool is baie trots op dié leerder.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'