Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — Die Laer Volkskool-personeel het Maandag, 15 Mei, in samewerking met die skool se ouers en leerders ’n familie-tennisdag aangebied.
Leerlinge aan dié laerskool moes hulle saam met ’n volwassene vir ’n dubbelswedstryd inskryf om te kon speel.
’n Verstommende 46 spelers het hulle ingeskryf. Volgens 'n leerkrag, Erika Oosthuizen, wat self ’n deelnemer was, was dit die mees suksesvolste dag van sy soort en sal daar verseker nog vele volg.
Die onderwysers, leerlinge en ouers was ook nie bang om in individuele wedstryde mekaar die stryd aan te sê nie en het dit heerlike kompetisie op die baan tot gevolg gehad.
Annelie en Eduan Viljoen, Jani en Sanneke van der Merwe, Marco Jooste en Leonie Slabbert en Jaco en Elizna Fourie is as die dubbelspare met die beste spandrag aangewys terwyl Trudie Muller erkenning gekry het as die dag se oudste deelnemer.
'Vetpret', bestaande uit Louwren en Andoret Wolfaardt, was die wenners van Groep A, die 'Plaasjapies (Ruan en Johan van der Merwe) het Groep B gewen, die 'Uitstoffers' (Annelie en Eduan Viljoen) Groep C, 'Rooi Rose' (Elize de Jager en Carlin Loots) Groep D en 'The Dragonbulls' (Petrie en Isak van der Merwe) Groep E.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'