GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool se Chris van Heerden het by ’n onlangse Interprovinsiale Rugbyweek in Reitz toekennings ingeryg.
Hy is, onder andere, aangewys as die Beste nr 5 speler van die week.
Hy is ook aangewys as die Speler van die Wedstryd teen die Vrystaat Arende, en wen 'n trofee vir die Voorspeler van die Week. Hy is ook aangewys as die Beste Algehele Speler van die Toernooi.
Die Sharks Akademie het Van Heerden genader om deel te wees van die o. 21-groep vir 2020.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'