RUGBY NUUS - Groot opgewondenheid het Saterdagmiddag by Rosemoor-sportterrein geheers toe pryse aan rugbyspelers en 'n lid van die publiek oorhandig is. Dit is moontlik gemaak danksy 'n borgskap van UFO Furniture.
Die vorige naweek het die rugbyspanne van Progress van Rosemoor en Evergreens van Pacaltsdorp kragte gemeet. 'n Speler van die wedstryd is in die onderskeie kragmetings aangewys.
Abongile Koeberg is as die C-span se speler van die wedstryd aangewys, Merlin Geswindt vir die B-span en Kirsten Heyns in die A-span wedstryd. Elkeen van die spelers het 'n R1 000-geskenkbewys ontvang.
Die persoon wat die telling die naaste kon reg voorspel in die A-span wedstryd, het 'n geskenkbewys vir 'n bed ontvang.
Dit is gewen deur Redvers Oswald November van Pacaltsdorp.
Progress het ook Derick Petersen en sy familie bedank vir hul borgskap en ondersteuning oor die jare.
Twee mans in die middel: Pieter Nel, afrigter van die B-span en Merlin Geswindt, speler van die B-span.
Aaron Mtete (UFO Furniture) en Haywon Sedras (UFO Furniture) saam met die twee DJ's wat die musiek verskaf het, DJ Keanon en Nathanilel Jantjies.
Foto: Eugene Gunning
Aaron Mtete (links) van UFO Furniture, Eden Meander, Trevor Lindoor, bestuurder van die A-span, Kirsten Heyns, speler van die A-span en Haywon Sedras van UFO Furniture. Foto: Eugene Gunning
Pieter Nel, afrigter van die B-span en Merlin Geswindt, speler van die B-span.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'