SPORTNUUS - Nadat Sentraal A van Graaff-Reinet Saterdag 18 Maart die onderspit gedelf het teen Aberdeen A op Aberdeen se tuisveld met 17 - 24, het Sentraal op hulle tuisveld die bordjies die afgelope Vrydag, 24 Maart, netjies verhang en Aberdeen 25 - 17 gewen.
Net soos die vorige naweek se kragmeting was Vrydagaand se wedstryd ook een met genoeg stewige skrums en vinnige hardlooprugby.
Hierdie keer het beide spanne se skopskoene die bal gereeld deur die pale gejaag. Alhoewel al die spelers hulle harte uitgespeel het, was dit Sentraal wat met daardie ekstra tikkie verbetenheid hulle trots op hulle tuisveld suksesvol verdedig het.
Aberdeen skop sekuur terwyl Sentraal afstorm.
Sentraal stuur ‘n bal pale toe.
Aberdeen se bal!
Beide spanne se skrumwerk was stewig. Foto's: Nico Vywers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’