GRAAFF-REINET RUGBYNUUS - Marlow Landbouskool het Saterdag, 13 Julie, met hul 14 rugbyspanne teen St Andrew’s Kollege gespeel.
Die wedstryde het op Marlow plaasgevind en beide skole het klipharde rugby in al die wedstryde gespeel.
Marlow se junior het vir goeie uitslae gesorg. Die Wolramme se o14C, o14B, o14A, o15C, o15B, o16C en o16B-spanne het almal oorwinnings behaal.
Marlow se eerste span kon wel nie St Andrews Kollege klop in die 1ste-span wedstryd nie, en het dáár 41 - 26 verloor.
Beide spanne het met fisieke hardlooprugby mekaar aangevat. Die besoekers het by die afbreekpunte die oorhand gehad en bewerkstellig gereeld omgekeerde besit.
Marlow se skrumskakel het net voor halftyd ‘n geelkaart gekry en die 10 minute wat die tuisspan met 14 spelers moes speel, is effektief deur Kollege uitgebuit.
Die ander spanne se uitslae was soos volg (Marlow tellings eerste):
- 2de-spanne (34 - 40)
- 3de-spanne (12 - 14)
- 4de-spanne (12 – 12)
- 5de-spanne (0 – 29)
- o16A-spanne (13 - 19)
- o16B-spanne (24 - 5)
- o16C-spanne (21 – 5)
- o15A-spanne (7 - 26)
- o15B-spanne (22 – 12)
- o15C-spanne (43 – 14)
- o14A-spanne (33 – 12)
- o14B-spanne (7 - 5)
- o14C-spanne (35 – 14)
Die Wolramme speel eerskomende Saterdag, 20 Julie, teen Oakdale op Marlow. Die kragmeting tussen die twee top landbouskole beloof om goeie skolerugby op te dis.
Syce Botha, flank en staatmaker van Marlow se 2de span, klop hier die verdediging.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'