GRAAFF-REINET NUUS - Marlow Landbouskool en Framesby Hoërkool het mekaar verlede Saterdag, 25 Mei, aangevat op die rugbyveld.
Tien wedstryde is gespeel in Port Elizabeth, met die Wolramme wat vyf wedstryde gewen het.
Die spanne wat gewen het was Marlow se derde span, o.16A, o.16B, o.15B en o.14A spanne.
Marlow se vierde span was ook in 'n taai stryd betrokke en speel gelykop 11 punte elk.
Framesby se eerste span speel kookwater rugby en wen gemaklik 59-0.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'