Gallery
GRAAFF-REINET NUUSFLITS - Die pasafgelope Saterdagoggend, 10 November, het OP Tweekamp ‘n ronde tweekamp-uitdunne in Graaff-Reinet aangebied.
Dit is 'n besonderse eer vir die dorp en daar word gehoop dat die byeenkoms in Graaff-Reinet 'n jaarlikse instelling sal word.
Alle atlete van die Karoo, dit wil sê van skole soos Marlow, Gill, Cradock, Union en Volkskool, kon híér kan kwalifiseer vir die OP-span.
Van 8-jariges tot volwassenes het aan die uitdunne deelgeneem en was daar talle plaaslike atlete wat vir die geleentheid opgedaag het.
Tweekamp bestaan uit ‘n kombinasie van swembadswem en baanhardloop en is dit ‘n sportsoort wat geweldig baie bied vir die deelnemer – die hele gesin kan hierby betrokke raak aangesien dit nie ouderdomgebonde is nie – daar is deelnemers van tot 80 jaar oud wat hieraan deelneem.
Lees die volledige berig in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'