KAROO NUUS - Terwyl talle mense nog vir oulaas te veel geld bestee, verdien 'n klompie rugby-, sokker- en krieketspelers dié naweek so saam-saam nog 'n paar miljoen rand voordat Kersdag aanbreek.
Hulle speel in nege krieketwedstryde, ses rugbywedstryde en tien sokkerwedstryde wat regstreeks op televisie uitgesaai word.
En dit sluit nie eens die dekking van Spaanse ligasokker in nie.
Twee wedstryde in die SA eendagreeks sal baie krieketgeesdriftiges iewers voor TV-stelle laat stelling inneem, maar die rugby sal ewe veel aandag trek, danksy die groot aantal SA spelers wat hul geld oorsee verdien.
Daarby kan sportliefhebbers terugsit, ontspan, en ure lank na die jaar se skouspelagtigste hoogtepunte in omtrent elke sport kyk.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'