GRAAFF-REINET NUUS - #Karroochallenge het onlangs hul jaarlikse netbaldag by Hoër Volkskool in Graaff-Reinet aangebied.
Daar was twee kompetisies: een vir netbal-kenners, en een vir die wat ook graag wou speel, maar nie die reëls so goed ken nie.
Spanne van so ver as Cradock en Somerset-Oos het deelgeneem. Die SAPD Akademie het 'n mans - en damesspan ingeskryf, wat beide goed gevaar het.
Die Blue Jays Netbalklub van Somerset-Oos was in die finaal, teen 'n gemengde span van Hoër Volkskool. Laasgenoemde het hierdie wedstryd met twee doele gewen.
In die pret kompetisie het die 'Rowwe Bliksems' alles in hul vermoë gedoen om die Bontspan te intimideer en ook 'n vrees by die skeidsregters probeer inboesem, maar die Bontspan het as wenners uit die stryd getree.
Neil Schreuder, ’n lid van die ‘Rowwe Bliksems’.
Die Bontspan het die pret wedstryd gewen.
Hoër Volkskool se wenspan.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'