Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Bykans 50 jong hokkie-spelers het verlede Maandag die junior afrigtingskliniek vir 4 tot 13-jariges op Union High se astrobaan bygewoon.
Drie Proteaspelers, Jonelke Swanepoel, Cornelle Holtszhausen en Antoinet Louw, het die kliniek op Graaff-Reinet aangebied.
Hoewel daar hoofsaaklik op tegniek gekonsentreer is, was die doel om 'n liefde vir dié spel by die juniors aan te wakker.
Die entoesiasme en geesdrif waarmee hulle aan die oefeninge deelgeneem het, was beslis 'n aanduiding van hul passie vir hokkie.
Fotogalery: Liefde vir hokkie duidelik te sien
Emily Kemp (Union Voorbereidingskool) dribbel die bal met groot selfvertroue.
Sowat 50 jong hokkiespelers het die afrigtingskliniek, wat deur drie Proteaspelers aangebied is, by Union High bygewoon.
Dante Dercksen (Laer Volkskool) wys haar tegniek met 'n omgekeerde stok.
Sowat 50 jong hokkiespelers het die afrigtingskliniek, wat deur drie Proteaspelers aangebied is, by Union High bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'