GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool (LVS) se o.13A-hokkiedogters het Saterdag, 18 Mei, aan die Sunridge 7's-toernooi deelgeneem. Hulle het vier wedstryde gespeel.
Die uitslae is soos volg:
- LVS verloor Sunridge A: 0-3
- LVS wen Willow Academy: 9-0
- LVS wen Rowallan Park: 2-0
- LVS speel gelykop teen Claredon Park B: 0-0
- LVS eindig vyfde en speel uit teen nommer vier, Clarendon Park B.
Die wedstryd eindig weereens gelykop, 0-0. Volgens die reëls moet drie van elke span deelneem aan 'n 'shootout'. Beide spanne mis een doel. Die wedstryd is met 'n 'sudden death' beslis en LVS delf die onderspit.
Daarna speel ons teen Willow Academy en wen 2 - 0.
In die uitspeel om die derde en vierde plek eindig die wedstryd wéér gelykop en die keer verloor LVS in 'n 'shootout'. Hulle eindig vierde in die toernooi.
By die prysuitdeling word Jani van der Merwe aangewys as verdediger van die toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'