GRAAFF-REINET NUUS — Verlede Saterdag, 12 Augustus, het 17 atlete van Kroonvale Primêr deelgeneem aan die Sarah Baartman-landloopbyeenkoms in Kareedouw.
Die atlete het baie goed gevaar en vier atlete is opgeneem vir die provisiale span wat op 1 en 2 September gaan deelneem in Mount Frere.
Die skool wil dan ook dié leerders se afrigters asook aan Mnr D Goliath wat die atlete elke dag na skool afrig.
Kroonvale Primêr se atlete is:
Ben-Lee Jooste (O.10 Silver), Bevan Jaftha (O.13 Silver), Sydney de Vos (O.15 Brons) en Nathan April (O.14 Brons).
Kroonvale Primêr se atlete.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'