GRAAFF-REINET NUUS - Die O.7 tot O.13 hokkiespelers van Laer Volkskool het gistermiddag, Maandag, 14 Mei, hul vaardighede teen Laerskool Gill van Somerset-Oos getoets.
Die jong hokkiespelers het baie ywerig hul skool verteenwoordig en daar was heelwat trotse ouers wat langs die veld hulle kinders aangemoedig en ondersteun het.
Die O.7-span het hul wedstryd 5 - 0 gewen en die O.7 en O.8 gemengde span het hul wedstryd 0 - 6 verloor.
Die O.8's wen 9 - 2, die O.9's wen 7 – 0 en die O.10's verloor 3 – 5.
Die O.13A-span het hul teenstanders 2 – 0 geklop terwyl die O.13B-span ook 1 – 0 gewen het.
Die O.13A-hokkiespan het hul wedstryd 2 - 0 gewen.
Die seëvieriende O.7-span van Laer Volkskool het hul wedstryd teen die besoekers van Somerset-Oos 5 - 0 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'